Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Staking ontken

Die Vrystaatse departement van gesondheid ontken dat daar ’n staking deur patoloë in die provinsie se lykhuise is wat ’n agterstand veroorsaak in die vrystelling van lyke, wat die Lubbe-gesin van Allanridge insluit.

Die Lubbes word Saterdag (13/04) om 11:00 vanuit die Vrye Baptiste-kerk in Allanridge begrawe. Juliana Gomez word op dieselfde dag om 12:00 vanuit Salt and Pepper in Welkom begrawe.

Die lyke van Theuns (39) en Elmarie Lubbe (38) en hul twee kinders, Tristen (8) en Amory (4), asook Juliana Gomez (6), ’n meisie wat tydelik by hulle gebly het, was teen Vrydag (05/04) nog in die staatslykhuis in Welkom.

Die Lubbe-gesin en Juliana is op Vrydag 29 Maart buite Allanridge in twee ongelukke dood toe hulle om 23:30 op pad huis toe was.

Mondli Mvambi, provinsiale gesondheidswoordvoerder, het Vrydag (05/04) ontken dat daar ’n staking is wat ’n agterstand veroorsaak.

Hy sê daar is wel ’n toename in sterftes in die Welkom- en Lejweleputswa-gebied, wat ’n impak op die spoed van nadoodse ondersoeke het. Hy sê die proses mag as ’n reël nie langer as sewe dae duur nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.