Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stem vir Oud-Goudvelder
06 September 2018

Theuns Prinsloo (37), ’n oudleerling van Welkom-Gimnasium, is tans ’n deelnemer in die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie.

“Dié kompetisie bied vir my nuwe geleenthede,” sê Prinsloo.

“Ek het ingeskryf met die hoop om daadwerklik ’n verskil in my gemeenskap deur liefdadigheid te maak en ’n rolmodel vir die jonger geslag te wees, indien ek sou wen.”

Prinsloo, in Welkom gebore en getoë, het in 1998 aan Welkom-Gimnasium gematrikuleer.

Hy het daarna aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom studeer om homself as aktuaris te bekwaam. Hy werk tans by Bidvest in Johannesburg.

Prinsloo se sukses in die kompetisie kan ondersteun word deur vir hom te stem. Stuur “MRSA44” per SMS na 40439, teen R2 ’n SMS. Daar is geen beperking op die aantal SMS’e wat iemand mag stuur nie.

Die eindronde is in Maart 2019. Stemme tel vir 30% van die uitslag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.