Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ster leef talente uit in sport

Mienke Nieuwenhuis (12), ’n leerling aan die Welkom-Volkskool, is gekies as Vistaen Let’s Play se laaste Sportster van die Maand vir 2018, vir haar puik prestasies in hokkie, tennis, netbal en atletiek.

Mienke is in die skool se eerste hokkiespan, die kaptein van die o.12A-Lejweleputswa-span en is deel van die o.12A-Noord-Vrystaat-hokkiespan.

Sy is die Noord-Vrystaat se nommereen-o.12-tennisspeler en lid van die skool se eerste tennisspan.

Sy is die kaptein van die Welkom-Volkskool se o.12-netbalspan en lid van die o.12A-Vrystaat-netbalspan wat vanjaar aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deelgeneem het.

Sy het ook Vrystaat Atletiek vanjaar in die Suid-Afrikaanse kampioenskap verteenwoordig.

Mienke se leuse is: Ek wil my Godgegewe talente uitleef en altyd my beste gee. Ek wil eendag Groen en Goud dra.

Mienke is Vistase laaste Let’s Play Sportster van die Maand wat vir 2018 aangewys word.

Vista se Let’s Play Sportster van die Jaar word aan die einde van November op ’n private geselligheid in Welkom gekroon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.