Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Steunpilaar’ by kleuterskool sterf
Katy Thomas (66) is Saterdag (06/10) skielik in die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein oorlede. Hier is sy saam met haar twee dogters, Carien Jones (links) en Minette du Preez

Die geliefde steunpilaar van die Riebeeckstad-kleuterskool, Cathy Thomas (tannie Katy), is Saterdag (06/10) in die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein oorlede.

Thomas (66) is skaars twee weke gelede met kanker gediagnoseer waarna haar gesondheid vinnig agteruit gegaan het.

Sy het op Maandag 24 September uitgevind dat sy kanker het.

“My ma was vir twee dae in die algemene saal opgeneem, waarna sy na die hoësorgeenheid oorgeplaas is. Daar het haar toestand vinnig versleg,” sê haar dogter, Minette du Preez.

Thomas was ’n mooi vrou met ’n sagte geaardheid wat baie gelief by die kinders en ouers van dié kleuterskool was. Sy het vir bykans 20 jaar as sekretaresse by die kleuterskool gewerk.

Thomas is op 15 Maart 1952 in Odendaalsrus gebore waar sy ook grootgeword het.

Dié gesoute Goudvelder het haar man Don Thomas in Welkom ontmoet. Die egpaar sou in Oktober hul 47ste huweliksherdenking gevier het. Uit die huwelik is twee dogters, Minnette en Carien, gebore.

“Buiten haar liefde vir haar werk by die kleuterskool – wat sy met soveel liefde en deernis aangepak het – was sy baie lief vir die natuur.

“My ouers was gaande daaroor om die wildtuin te besoek en my ma het nêrens sonder haar verkyker en voëlboek gegaan nie. Sy was ’n uitstekende tuinier wat altyd ’n spogtuin gehad het,” sê Minette.

Haar roudiens het gistermiddag (10/10) vanuit die NG kerk Moedergemeente in Riebeeckstad plaasgevind.

Sy word deur haar man, Don, dogter Minette en haar man, Jacques du Preez, en dogter Carien en haar man, Rudi Jones, asook deur twee kleinkinders, Nathan en Reese, oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.