Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tak se harde werk beloon

Tydens Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) se driejaarlikse kongres word ’n toekenning gemaak aan die tak wat homself op verskeie terreine onderskei.

Die tak wat wen, word gekies op grond van die nakoming van beleid, die samewerking met die maatskaplikewerkkantoor, die hou van geldinsamelingprojekte, die bereik van doelwitte gestel, die betrokkenheid by direkte dienslewering, netwerk en skakeling in die gemeenskap.

Tydens die onlangse kongres wat op 18 Maart in Welkom gehou is, het hierdie eer Vrystaat-Versorging in Aksie se Welkom-tak, Goudrif, te beurt geval.

Daar is ook erkenning gegee aan ’n handjievol vrywilligers, tesame met die kantoorpersoneel, vir reuse-werk gedoen in hierdie gemeenskap.

Van die eregaste wat die funksie bygewoon het, was Henriëtte Wessels (hoofbestuur, voorsitter), Ria Malan (streekbestuurder, Welkom-area) en Darien Oosthuizen (direkteur, hoofkantoor in Bloemfontein).

“Sukses is die somtotaal van al jou klein pogings bymekaar getel. Baie geluk, julle harde werk is beloon,” sê Joline Delport, maatskaplike werker van die Welkom-tak.

Die nuwe bestuur vir 2020/’21 is Dora Mosia, Marie Visagie, Rita Storbeck (voorsitter) en Amanda Luiters.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.