Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Trots op nuwe kragbron

’n Entrepreneur van Welkom, Donovan van Eeden (27), sê sy hibriede elektriese motorenjin wat ’n kombinasie van batterye en sonkrag benut, het ’n omwenteling teweeggebring in die manier waarop mense sonkrag en krag kan aanwend om werk te verrig.

Van Eeden, wat reeds sedert 2014 met groen kragbronne geëksperimenteer het, het eers toetse met kragopwekking gedoen met die behulp van magneetvelde. Hy sê die afgelope vyf jaar se navorsing was nie maklik nie en hy het deurgedruk om sy droom lewend te hou.

Danksy die ondersteuning van sy ouers kon hy sy patent ontwikkel en voltooi. Hy glo hy het nou die ideale elektriese motorenjin ontwikkel wat deur batterysonkrag aangedryf word.

Dit benut ’n kombinasie van sonkragenergie en die krag van alternator-tegnologie. ’n Elektroniese stelsel kontroleer die elektriese motorenjin met die hulp van ’n rekenaarprogram, sê Van Eeden. Hy sê hoewel sy vorige patente haalbaar is, is die nuutste patent die een wat hy weet ’n omwenteling in die groenkragbedryf kán en sál veroorsaak. Van Eeden droom dat sy uitvindsel ook werk in die Goudveld kan skep en mense en ondernemings se kragprobleme kan oplos.

“Daar is geen beperking op watter enjin ’n mens kan bou nie. Jy kan die ontwerp aanpas om by jou behoeftes te pas,” sê hy. Van Eeden het die maatskappy Battery GenSolar Motors International (BGSMI) gestig om die vervaardiging en bemarking van sy breinkind te behartig. Mense wat belang stel om meer oor dié motorenjin te weet, kan ’n boodskap op die webblad www.bgsmi.co.za laat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.