Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tuinskou weer gehou

Ná verlede jaar se suksesvolle oop-tuinskou sal die geleentheid weer vanjaar aangebied word.

Die tuine sal in Welkom en Hennenman besigtig kan word en besoekers sal die mees indrukwekkende tuine in die Goudveld te sien kry.

Daar is nuut en gevestigde tuine. Van inspirerende kombuis-tuine wat vars kruie, vrugte en groente lewer, tot tuine met treffende fokuspunte sal besigtig word.

Die tuin van Elize en John Donovan sal weer oop wees met ’n kunsuitstalling asook ’n koekverkoping ten bate van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging. Die geleentheid sal op Saterdag 27 Oktober van 08:00 tot 16:00 plaasvind en toegang is gratis.

Tuinliefhebbers en buitelug entoesiaste word hartlik uitgenooi vir die nuutste tuin inspirasie.

Bel Ester van der Walt by 057-392-1940 of stuur ’n e-pos aan info@almakwekery.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.