Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee leerlinge oorlede

Die Laerskool Voluit in Virginia is verlede week in rou gedompel toe twee van sy leerlinge oorlede is.

“Dit was die skool se donkerste dag, en dit was ’n vreeslike groot skok om dié twee pragtige en geliefde kinders aan die dood af te staan.

“Ons onderwysers, leerlinge en die gemeenskap betreur die groot verlies,” sê JC Brummer, skoolhoof.

Donderdagoggend (03/05) is die skool meegedeel dat Mario de Freitas (9), ’n gr. 3-leerling, oorlede is.

Mario het aan ’n hartdefek gely en sy hart het met ’n pasaangeër funksioneer.

Woensdag (02/05) het Mario gekla hy voel siek en die skool het sy pa ge­skakel om hom te kom haal.

Die volgende oggend is hulle mee­gedeel dat Mario oorlede is.

Mario se ma is ook aan ’n hartdefek oorlede en hy het by sy pa, Mario de Freitas, en sy ouma, Claudia Ober­holzer, gewoon.

Die De Freitas-familie was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Vista het verneem dat Mario se pa in die hospitaal opgeneem is.

In nog ’n skokgebeurtenis is Danisha-Li Nel (11), ’n gr. 6-leerling, saam met haar ma, Liza Nel (36), in ’n botsing reg van voor oorlede.

Danisha-Li, haar ma Liza, haar broer Gequan (9) en Phillip Roets (’n leerling wat ’n saamrygeleentheid gekry het), was van Virginia na Ventersburg, waar hulle woon, op pad.

Die ongeluk het omstreeks 17:55 ongeveer 12 km voor Ventersburg gebeur toe hulle GWM-voertuig en ’n aankomende Mercedes-Benz gebots het.

Danisha-Li en haar ma is op die toneel dood en haar boetie is in die Welkom Mediclinic se hoësorgeenheid opgeneem.

Roets (17) het ligte beserings op­gedoen en is verder ongedeerd.

Die bestuurder van die Mercedes- Benz is op die toneel dood en die vier insittendes is beseer.

Gequan het erge kop- en gesigs­beserings opgedoen en is Woensdag (09/05) opereer.

Danisha-Li sou Maandag (07/05) 12 jaar oud geword het.

Haar pa, Jorrie Nel, het soos wat dit beplan was, steeds vir haar klasmaats ’n koek geneem. Saam het hulle toe by die skool haar verjaardag gevier.

Liza was ’n werknemer by FNB in Virginia. Jorrie werk by die departement van korrektiewe dienste in Ventersburg.

Liza en Danisha-Li se roudiens sal voorlopig Vrydag (11/05) om 14:00 by die Laerskool Voluit plaasvind.

Mario se roudiens sal Vrydag om 11:00 by Doves-begrafnisdienste in Virginia plaasvind

  • Die Laerskool Voluit het ’n fonds gestig om die familie van dié twee leerlinge by te staan.

Diegene wat graag ’n bydrae wil maak, kan die skoolhoof by 057-212-3205 bel vir verdere besonderhede.

Dit was die skool se donkerste dag, en dit was ’n vreeslike groot skok om dié twee pragtige en geliefde kinders aan die dood af te staan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.