Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tweejarige ‘veg terug’
Polisie wag op mediese verslag om oorsaak van bese

Die pa van ’n tweejarige meisie wat in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein om haar lewe veg, sê hy moes voorheen ’n hofbevel kry net om sy kind te kon sien.

Die meisie is verlede Dinsdag na ’n dokter in Virginia gebring omdat sy stuiptrekkings gekry het.

Dié dokter het opdrag gegee dat sy inderhaas na die Mediclinic Welkom gebring word. Hier is sy weens die erns van haar toestand na Bloemfontein oorgeplaas.

Die kind het ’n gebreekte arm, skedelbreuk en bloeding op die brein opgedoen. Kindermishandeling word vermoed.

’n Noodoperasie is op haar gedoen en sy moes vier eenhede bloed kry. Sy is tans onder verdowing.

Haar pa, wat in Gauteng woon, waak by haar hospitaalbed. Hy sê sy probeer haar oë oopmaak en druk sy hand wanneer hy met haar gesels.

Hy meen die stelsel laat pa’s in Suid-Afrika in die steek. Hy probeer maatskaplike dienste reeds sedert Junie vanjaar oortuig om ondersoek na sy kind se welstand in te stel. Sy het kneusplekke en beserings gehad wat hom onrustig gemaak het.

“Ek moes ná haar geboorte aandring op ’n vaderskaptoets om besoekregte te kry. Daar is hope prokureursbriewe geskryf voordat ek haar gereeld kon sien.”

Hy ry elke tweede naweek uit Gauteng na Virginia om sy kind Saterdae en Sondae te sien.

“Ek gaan nou alles doen wat ek kan om volle toesig oor my kind te kry. Sy is my lewe, maar haar ma kyk hoe moeilik sy dit vir my kan maak om my kind te sien.”

Brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die oorsaak van die kind se beserings. Hulle wag op ’n mediese verslag en wil nie nou bespiegel nie.

Die polisie vra mense wat kan help met die ondersoek om kapt. Liesl Goosen van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming (FCS) in Thabong te kontak.

Engo-Gesinsorg het Vrydag gesê hy beskou die bewerings teen die betrokke maatskaplike werker in ’n ernstige lig en ondersoek die saak.

Dinsdag het die pa bevestig dit gaan beter met sy kind, en die hospitaal is besig om haar verdowing te verminder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.