Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tweekamp kry nuwe lewe in Goudveld

Goudvelders gaan nuwe lewe in tweekamp blaas.

Dié sport word tans in Welkom deur dr. Dorita Bester en Tommy Doubell, skoolhoof van die Laerskool Naudéville, aangebied.

’n Nuutverkose komitee het met die afrigters hande gevat en nooi alle belangstellende atlete om deel te neem.

Die sportsoort, wat uit hardloop en swem bestaan, word oor verskillende afstande en in verskillende ouderdomsgroepe beoefen.

Die nuwe klub hoop om baie atlete te trek.

Atlete van alle ouderdomsgroepe word genooi om hulle aan te sluit.

Belangrike datums op die tweekampkalender is soos volg:

  • ’n Interprovinsiale tweekampbyeenkoms vind op Saterdag 9 November in Kimberley plaas.
  • Kwalifiseringsbyeenkomste sal op 2 Desember, 21 Januarie 2020 en 28 Januarie 2020 plaasvind.

Tweekamp-atlete moet aan minstens drie byeenkomste deelneem om vir die Vrystaatse tweekampspan te kwalifiseer.

Die nasionale tweekampbyeenkoms sal volgende jaar van 20 tot 21 Maart in Oudtshoorn aangebied word.

Vir meer inligting oor die klub bel Marelise Fourie by 082-785-4905, Zerilda Botha by 083-257-4586 of Riaan Verwey by 063-692-2046.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.