Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tydverdryf blom tot besigheid
Mense van regoor die land stel belang in hierdie asemrowende handgemaakte papierblomme wat Lydia Gordon maak.Foto: Verskaf
Lydia Gordon skep hierdie asemrowende handgemaakte papierblomme.Foto: Verskaf
Lydia Gordon en haar drie kinders Shané (21), Janco (19) en Karly (7). Foto: Verskaf
Mense van oor die land heen stel in haar produkte belang. Foto’s: Verskaf
’n Versoek deur haar beste vriendin om ’n eenhoring met blomme vir haar dogtertjie se verjaardagpartytjie te maak, het lewe gegee aan haar besigheid,Nouvelle Vie, wat “nuwe lewe” beteken.

Lydia Gordon, ’n enkelma van Welkom, sê toe Michelle Joubert haar in 2018 gevra het om dié papierblomme te skep het die gogga haar gebyt om dit meer te begin doen.

Gordon was nog altyd lief daarvoor om goed met haar hande te maak, soos klere en kralewerk.

Ek hou daarvan om kreatief te wees.”

Hierdie nuutgevonde belangstelling in papierblomme het ontwikkel van ’n tydverdryf tot ’n klein tuisnywerheid.

“Ek het al oor die hele land heen afgelewer. Van Nelspruit tot Mosselbaai en Phalaborwa, en ook Hoedspruit”.

Sy maak nou ook handgemaakte papierblomme vir alle geleenthede en doen dekor en agtergronde vir troues en fotografie.

Gordon het drie kinders, Shané (21), Janco (19) en Karly (7).

Lydia Gordon (inlas)skep dié papierblomme.Foto’s: Verskaf

Sy is oorspronklik van Bloemfontein, maar woon al 21 jaar in Welkom.

“Ek is nou twee jaar deeltyds met die papierblomme besig en het ’n voltydse werk as ’n bonusklerk”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.