Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitstalling weer gehou
Vir die eerste keer in drie jaar is keramiekkruise deur Freda Westerink by die jaarlikse kunsuitstalling beskikbaar.

Die jaarlikse kuns- en mat-uitstalling ten bate van Engo se kinder- en jeugsorg­sentrums word môre (14/09) en Saterdag (15/09) by Jasmynstraat 11 in Jim Fouchépark gehou.

Die matte kan by die Constantia-geskenkwinkel in Stateway besigtig word.

Vier jeugsentrums in die Goudveld (die Welkom-jeugsorgsentrum in Othelloweg, die Merafong-jeugsorgsentrum in Seemeeupark, die Maanblom-jeugsorgsentrum in Virginia en die Welriedal-jeugsorgsentrum in Riebeeckstad) baat by hierdie projek.

Suid-Afrikaanse topkunstenaars wie se werk te sien sal wees, sluit in Hennie Niemann, Michael Heyns, Hannetjie de Clercq, Sandi Beukes, Jan Vermeiren, Pauline Gutter, Pieter van der Westhuizen, Anton Brink, Makiwa en Kaffie Pretorius.

Vir die eerste keer in drie jaar sal keramiekkruise deur Freda Westerink ook beskikbaar wees.

Freda is bekend vir haar mosaïek-kruise en haar gebruiksmeubelstukke wat met antiek-gebreekte keramiek gemaak word.

’n Teetuin sal ook by die kunsuitstalling besoek kan word en Saterdag sal musiek van 10:00 tot 12:00 deur die St. Dominic’s College Marimbas verskaf word. Hansie Jordaan van The St. Andrew’s School sal van 12:00 tot 16:00 musiek maak.

Kaartjies kos R50 en is by die Engo-kantoor by die NG kerk Welkom of by Jasmynstraat 11 beskikbaar.

Skakel 083-632-7770 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.