Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitstalling weer gehou

Die negende jaarlikse kuns- en mat-uitstalling word ten bate van Engo in die Goudveld aangebied.

Die kunsuitstalling en teetuin word op Vrydag (04/10) en Saterdag (05/10) by Jasmynstraat 11 gehou en die mat-uitstalling word tot Donderdag (10/10) by Stateway 346 gehou.

“Dit is ’n spoggeleentheid waar almal aan verversings kan smul en met strelende musiek kan ontspan,” sê Elize Donovan, een van die organiseerders.

Kaartjies is beskikbaar by die jeugsorgsentrums wat by die projek baat (die Maanblom-, Welriedal-, Merafong- en Welkom-jeugsorgsentrum), asook by die Engo-kantoor in Stateway by Mitzi Heiress. Bel Heiress by 057-352-9782.

Kaartjies sal ook by die uitstalling beskikbaar wees.

Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Anine Barnard (etse), Sandi Beukes (olie op papier), Michael Heyns (olie op doek), Hennie Niemann (olie op bord), Hannetjie de Clercq (tempera op doek), Jan Vermeiren (olie op doek en papier), Frans Claerhout (olie op bord) asook Zerk de Villiers (gemengde medium, olie op bord), se werk word uitgestal.

Bel Donovan by 083-632-7770 of Heidi Erasmus by 057-352-1110.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.