Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Unieke kothuismark gehou

Altesaam 30 jaar gelede, toe Aletta Helm nog vir haar wewery bekend was, het sy vir Estie Coetzee en Annelene van Schalkwyk gevra om deel te wees van ’n groep wat unieke handgemaakte produkte verkoop.

Om ’n naam te kry was nie moeilik nie, want ’n samestelling van hul name was die begin van die Allenestie-kunskothuis.

“Die eerste paar jaar het Aletta haar hele huis se meubels uitgedra en so kon ons heerlik kothuis hou,” sê Anne­lene.

“Aangesien Aletta en haar man, Johan, beplan om na hul strandhuis te verhuis, het ons jare lange hulp, Lorette Pienaar, ingestem om haar plek in te neem. Allenestie gaan Aletta mis, maar gelukkig is sy nog vanjaar daar om raad te gee,” sê Annelene.

Weens die Covid-19-pandemie het die vroue besluit om die kothuismark vanjaar na die Erfdeel gemeente Riebeeckstad te skuif.

Dit vind op 24 November (10:00 tot 20:00), 25 November (09:00 tot 20:00) en 26 November (9:00 tot 16:00) plaas.

“Kom koop al jou spesiale Kersgeskenke by die mark en ontspan daarna in die teetuin,” nooi Annelene.

Rig navrae aan Annelene (082-776-8552), Estie (083-644-4700) of Lorette (083-267-0966).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.