Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Valke veg terug teen Griffons
06 September 2018

Die Griffons het Saterdag (01/09) in die tweede been van die Curriebeker-afdeling ’n uitstekende wedstryd teen die Valke op die HT Pelatona-stadion in Welkom beleef.

Die Griffons was goed op die aanval en het die drieë in die eerste helfte van die wedstryd ingeryg. Duan Pretorius se skopwerk was uitstekend.

Die Griffons se voorspeler Daniel van der Merwe het ’n driekuns van drieë in die eerste helfte behaal.

Teen rustyd het die Griffons met 38 – 21 voorgeloop.

In die tweede helfte het die Valke met mening teruggekeer en onoorwonne uit die stryd met ’n eindtelling van 56 – 52 getree.

Die Valke se uithouvermoë het die deurslag in dié wedstryd gegee.

Die Welkom-skare het beslis goeie rugby vir hul geld gekry.

  • Puntemakers vir die dag

Die Griffons se drieë is deur Daniel van der Merwe (3), Rodney Damons, Niell Stannard, Cody-Anthony Basson, Shirwin Cupido en Nkululeko Marwana aangeteken, met Duan Pretorius wat ses doelskoppe deur die pale kon sit.

Die Valke se drieë is deur Shane Kirkwood, Etienne Taljaard (2) Friedle Olivier (2), Grant Janke, Don Mlondobozi, (strafdrie) aangeteken en hul doelskoppe deur Anrich Richter (5) en Errol Jaggers (2).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.