Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vat hande om armoede te verlig

Gideon van Deventer, Nehemia-projek, Goudveld:

Soos Nehemia in sy tyd Jerusalem se vervalle mure en poorte gaan bekyk het, het ek dié jaar die buurdorpe in die Goudveld besoek.

My waarneming was dat die oorgrote meerderheid werkloses kerkloos, moedeloos en sonder hoop leef.

Waar werkloses en armes tot so onlangs soos 2017 gereeld kospakkies ontvang het, het dit oor tyd ál minder begin gebeur.

Werkloosheid en armoede het oor die land heen met rasse skrede toegeneem.

’n Onlangse beraming toon dat 1 miljoen – uit ’n bevolking van 4,4 miljoen – in werkloosheid en armoede vasgekeer is.

Nadat ek in November ’n berig in Vista gelees het, het ek by ’n arm gemeenskap betrokke geraak.

Hoewel dié gemeenskap se skoolgaande kinders in die kwartaal by die skool toebroodjies ontvang, is dit nie die geval in vakansies nie. ontvang skoolgaande kinders nie toebroodjies in vakansies ontvang soos tydens die kwartaal nie.

Ook is daar waargeneem dat bekende organisasies deur die jaar weekliks kos aan bejaardes lewer, maar in die feestyd en ’n groot deel van Januarie hul werksaamhede opskort.

Weens die opskorting van dié dienste was bejaardes twee dae ’n week sonder ’n bord kos.

Ná die ondersoek en beraming insake die werkloosheid en armoede het ’n handjievol mense in ons gemeenskap bymekaargekom om die benarde situasie te bespreek.

Nehemia het destyds gesien dat die mure en poorte van Jerusalem ernstig beskadig was, maar die volk het in een stem gesê: “Kom ons bou.”

Só het ons ook saamgestem. Die Goudveld moet herbou word.

Ons het onlangs in Riebeeckstad ’n bootsale-mark begin om behoeftiges ’n platform te gee om elke tweede Saterdag hul handewerk en produkte te verkoop.

Ons glo dat armoede in ons gemeenskap verlig kan word.

Ons gee vir behoeftiges ’n metaforiese visstok sodat hulle hul eie vis kan vang.

Stuur vir my ’n WhatsApp-boodskap op 074-137-2534 vir meer inligting oor die mark.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.