Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vee eers voor jou eie vuil sypaadjies

Johan de Lange, Welkom:

In ’n onlangse uitgawe van Vista lees ek dat ons berugte niemandsraad streng teen onwettige vullisstorting gaan optree.

Dit wys maar net die dubbele standaarde. Hulle tree teen morsjorse op – en dit is ook hoe dit moet wees – maar wat doen hulle oor die honderde vullissakke wat op die voorstede van Welkom se sypaadjies ophoop?

Oudergewoonte absoluut net mooi niks nie.

Dat elke inwoner betaal vir ’n diens wat nie gelewer word nie, maak vir die niemansraad natuurlik glad nie saak nie.

Die feit dat hulle een geweldige gesondheidsrisiko vir die inwoners skep, gee hulle eenvoudig geen flenter voor om nie.

Natuurlik sal fooie op die diensterekening gehef word, maar die dienste sal nie gelewer word nie.

Solank hul allemintige salarisse betaal word, waarom sou hulle omgee?

Daar het mos nog nie allerhande dodelike siektes – soos cholera – uitgebreek nie.

So wie gee om? Of dit net ’n kwessie van tyd is voordat dit gebeur, maak mos nie saak nie.

Die munisipale bestuurder is gou om te belowe dat voertuie vir vullisverwydering aangekoop gaan word.

Maar, soos die gebruik is, het hy natuurlik nie bekend gemaak wanneer dit gaan gebeur nie.

Hoekom sou hy die moeite doen?

Dit is mos baie makliker om advertensies te plaas as om jou werk te doen.

Waar die geld vir die voertuie is, of vandaan gaan kom, is natuurlik heeltemal verswyg.

Ek het aan die minister van nasionale gesondheid, Zweli Mkhize, geskryf en hom breedvoerig oor hierdie niemandsraad se moedswil­lige nalatigheid ingelig. Ek wag vir sy antwoord.

Om met die amptenare van die niemandsraad hieroor te praat kan ek maar net sowel met die teerpad voor my huis praat.

Die teerpad sal dalk hoor, maar hulle sal sekerlik nie.

Daar is pille vir hoofpyn en ander siektes, maar ek weet nie of daar pille vir blatante moedswilligheid is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.