Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verdagte verskyn in hof

’n Verdagte in die moord van André Gebhardt (52), ’n haarkapper van Riebeeckstad wat op 14 Junie 2016 dood in sy huis aangetref is, het in die hof verskyn.

Anton Heins (31) het op Vrydag 14 Desember op ’n aanklag van moord in die Welkomse landdroshof verskyn.

Dries Gebhardt, die vermoorde se pa, het onraad vermoed toe hy sy seun nie in die hande kon kry nie.

Dries het ondersoek gaan instel by sy seun se huis en moes ’n leer gebruik om oor die heining te klim. Die veiligheidshek van die voordeur was oop en hy het op André se lyk afgekom. Sy hande en nek was met ’n tou vasgebind en hy het op die sitkamervloer gelê.

Die huis was erg geplunder, die kluis was oopgebreek en André se selfoon en kontant is uit die huis vermis.

Die verdagte is Donderdag in hegtenis geneem nadat die uitslae van DNS-toetse hom glo positief met die moord­toneel verbind het.

Hy het aan die hof gesê sy netto salaris is R17 000 per maand en hy woon in sy eie huis in Riebeeckstad. Hy werk vir Harmony Gold. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moet weer op Dinsdag 29 Januarie in die hof verskyn.

Die verdagte het volgens Dries in die dae ná André se dood die familie ’n hele paar keer besoek. Hy was bekend aan André.

Dries het vroeër gesê dit is baie frustrerend vir die gesin omdat so baie tyd al verloop het sedert André se moord en niemand nog aangekeer is nie.

Die agterstand in DNS-ont­ledings het die polisie se ondersoek tot nou toe vertraag, sê Dries.

  • Volgens ’n ooggetuie was ’n kliënt van André op Maandag 13 Junie 2016 by sy huis om hare te laat sny. Dit was ’n swartkopvrou wat ’n sportnutsvoertuig bestuur het. Na bewering het ’n man haar weggewys en gesê André is nie op daardie dag beskikbaar nie.

Indien iemand weet wie die vrou of man is, bel die ondersoekbeampte Elias Khotsane by 083-940-1743 of 083-458-7215.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.