Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermiste man se lyk in sloot gevind
Die lyk van vermiste plaasvoorman Pote (Andries) Venter (56) van Welkom is Saterdagoggend in ’n sloot naby die Phumlani-begraafplaas buite Thabong gekry.Foto: Verskaf
’n Vermiste plaasvoorman van Welkom, Pote (Andries) Venter (56), se lyk is Saterdagoggend in ’n sloot naby die Phumlani-begraafplaas buite Thabong gekry.
’n Uitgebreide soektog na Venter is Vrydag (04/09) begin nadat daar Vrydag om 06:40 in Thabong op hom geskiet is en hy volgens ’n ooggetuie gekaap is. Die Valke het met die soektog gehelp.
Brig. Motantsi Makhele, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het op Venter se lyk met ’n skietwond en ander beserings afgekom waar dit in die sloot gelê het.
Venter het daagliks plaaswerkers in Thabong gaan haal vir sy werkgewer, Pat Slabbert. Venter het vir Slabbert op die plaas Helderwater buite Welkom gewerk.
Vrydagoggend het hy naby die huis van twee werkers, ’n man en ’n vrou, stilgehou. Die vrou het haar man in die huis gaan roep, waar hy glo nog sy tande geborsel het. Die egpaar het ’n skoot hoor klap en volgens ’n ooggetuie het ’n man in Venter se wit Mitsubishi Colt-bakkie geklim en met hom in die voertuig weggejaag.
’n Ander voertuig, waarvan daar geen beskrywing is nie, het die bakkie agtervolg. Venter het van hier spoorloos verdwyn.
Makhele sê mense moet steeds uitkyk vir die bakkie, met registrasienommer FKH 713 FS, omdat dit moontlik kan help om die misdaad op te los. Die bakkie het swart traliewerk op.
’n Moordklag word ondersoek en indien iemand met die ondersoek kan help, kan hulle speursers. Klaas Mofukunyane van die Thabong-speurtak by 060-319-8680 bel.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.