Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermiste man: Verdagte in hof

’n Man wat glo verbind word met die verdwyning van Karl Reich (82) van Welkom het Dinsdag (08/01) in die landdroshof in Welkom verskyn.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Mojalefa Tseki (32) op borgtog vrygelaat is.

Hy word van ontvoering, voertuigdiefstal en die diefstal van ’n selfoon aangekla.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Reich, ’n wewenaar, het verlede jaar op 24 September (Erfenisdag) raaiselagtig uit sy huis in Volksweg, Jim Fouchépark, in Welkom verdwyn.

Sy bure, wat ’n gastehuis bedryf, het die polisie die aand ontbied nadat hulle gesien het die hekke na sy erf staan wawyd oop en die huis se ligte brand.

Reich se huisalarm het vroeër die dag afgegaan, maar Reich het aan sy veiligheidsmaatskappy gesê dat alles reg is by hom.

Reich se twee voertuie, ’n wit Kia Cerato en ’n goudkleurige Honda Civic, is op die beeldmateriaal van ’n vulstasie in Welkom gesien.

Die voertuie het agter mekaar gery, maar dit is nie duidelik op die beeldmateriaal wie die voertuie bestuur het nie.

Absa het ook bevestig dat Reich se kredietkaart op 25 September in Johannesburg gebruik is om te probeer geld trek by ’n kitsbank.

Iemand het drie keer met die kaart probeer geld trek, maar die transaksies was onsuksesvol.

Reich se kleindogter, Lemay Ferreira, het in Oktober gesê die familie het ’n private speurder, Brad Nathanson, aangestel om na Reich te help soek.

Reich se goue horlosie wat hy in 1980 as mynbestuurder vir lang diens ontvang het, word ook vermis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.