Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Veterane’ blink in ’n ry op motorskou
Op die jaarlikse Cars in the Park-skou, wat Saterdag (06/10) gehou is, is ongeveer 600 veteraanmotors uitgestal, met bykans 4?000 besoekers en uitstallers wat van heinde en ver gekom het

Op die jaarlikse Cars in the Park-skou, wat Saterdag (06/10) gehou is, is ongeveer 600 veteraanmotors uitgestal, met bykans 4 000 besoekers en uitstallers wat van heinde en ver gekom het.

Uitstallers van oor Suid-Afrika heen kon spog met hul pragstukke wat deur besoekers bewonder en waardeer is.

“Die skou bestaan hoofsaaklik uit veteraanmotors wat deur die eienaar uitgestal word, en die skou groei jaarliks. Vanjaar het ons met ’n rekordgetal besoekers gespog,” sê Craig Evans, voorsitter van die Welkom Old Auto Club.

Altesaam 20 veteraan­motorklubs van oor Suid-Afrika heen het dit bygewoon.

“Dit was vir ons ’n reuse-voorreg om die Datsun SSS Klub R.S.A. op ons skou te hê, as deel van die klub se nasionale Datsun-vieringe,” sê hy.

’n Gedeelte van die dag se opbrengs word jaarliks aan liefdadigheid geskenk. Vanjaar se geld sal vir ’n Kersfeespartytjie vir minder bevoorregte kinders aangewend word.

Die Welkom Old Auto Club nooi lede van die publiek wat ’n veteraanmotor besit en wat ouer as 20 jaar is, om hulle by die klub aan te sluit. Die klub hou maandeliks ’n geselligheid waar almal saamkuier en ook ritte met die pronkstukke onderneem. Dit is ’n geleentheid vir die hele familie.

“Dit verg harde werk en lang ure van bloedsweet, en ook absolute passie vir die klub en die motors, om die skou suksesvol te maak. Ons is dankbaar vir elke borg en individu wat hul tyd opoffer om te help met die voorbereiding om van die skou ’n sukses te maak,” sê Evans.

Om navrae rakende die klub en sy bedrywighede te rig, bel Liesl Evans, die klub se skakelbeampte, by 072-151-9647.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.