Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrae pla nog 2 j. ná moord

“Ná bykans twee jaar het ons familie steeds nie uitklaring of enige antwoorde oor André se moord nie.

“Dit is ’n groot frustrasie en die onopgeloste vrae met geen antwoorde laat ons hele familie worstel,” sê ’n hartseer Dries Gebhardt.

Hy is die een wat sy seun André Gebhardt, ’n haarkapper van Riebeeckstad, se lyk op Dinsdag 14 Junie 2016 in sy huis in Schumannstraat, Riebeeckstad, gevind het.

Die grumoord het glo die Sondagnag plaasgevind en André is eers die Dinsdag gevind.

Hy het halfnaak, met sy arms en bene vasgebind en ’n tou om die nek, op die teëlvloer in sy sitkamer gelê.

Die polisie het bevestig dat hy verwurg is.

Die huis was erg geplunder en ’n onbekende bedrag geld en ’n selfoon is gesteel.

Kort ná die moord was daar sprake dat die verdagtes binnekort vasgetrek sou word en dat die polisie warm op hul spoor is, maar tot vandag wag hulle op die uitsle van DNA-toetsing.

“Die hoekoms en waaroms hou net nooit op nie en sonder antwoorde kan ons nie berusting vind nie. My hele gesin sukkel om die trauma te verwerk en dit is sieldodend om te weet jou kind se moordenaar of moordenaars loop daar buite sonder enige gewete rond,” sê Dries.

Die Gebhardt-egpaar is baie dankbaar teenoor hul ander vier kinders.

“Die wete dat ons nog vier kinders het en die ondersteuning wat hulle aan ons gegee het, het die afgelope twee jaar draag­liker gemaak,” sê Cathy Gebhardt, André se ma.

Die polisie wag nog vir die DNA-uitslae en alle leidrade word steeds opgevolg, sê kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie.

Die DNA van die moontlike verdagtes is reeds in Februarie 2017 na Pretoria gestuur.

Daar is egter ’n groot agterstand met die uitslae van DNA-toetsing, wat slegs in Pretoria gedoen word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.