Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou dood voor troue

’n Onderwyseres van Wesselsbron wat enkele weke voor haar troue in ’n motorongeluk dood is, is Sondag (06/01) in haar trourok in Wesselsbron begrawe.

Marizanne du Plessis (20), wat die dag ná Kersfees naby Hoopstad verongeluk het, sou in Februarie met Pierre Bakkes, ’n boer in die Wesselsbron-distrik, trou.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat Du Plessis op Welwillendheidsdag sowat 10 km buite Wesselsbron verongeluk het.

Hy sê sy was omstreeks 20:40 van Wesselsbron na Bultfontein onderweg toe sy glo beheer oor haar voertuig verloor en die motor gerol het.

Sy is op die toneel dood verklaar.

Haar ma, Madelain Venter, wou nie met Netwerk24 praat nie. Sy het op Facebook ter nagedagtenis aan haar dogter ’n foto gedeel met die inskrywing: “Vir altyd in ons harte”. Sy het Jesaja 43:1 aan haar dogter opgedra: Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

Du Plessis het ses dae voor haar dood verlowingsfoto’s van haar en Bakkes op haar Facebook-blad geplaas. Vriende en familie het kort ná haar dood huldeblyke onder dié foto’s geplaas.

Valerie Jacobs het geskryf: “Altyd was jy positief en opgewonde oor jou naderende troudag. Maar nou is jy ’n Hemelse Bruid in jou sagte wit trourok.”

Phillip Ndakane het gesê hy het haar nie lank geken nie, maar kon sien dat sy ’n baie mooi persoonlikheid het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.