Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou gedy in rugbywêreld

Leah Louw (51) is sinoniem met Griffon-rugby, en met Vrouemaand in gedagte het Vista met haar oor haar werk en uitdagings gesels.

Leah is tans die finansiële assistent, betalingsadministrateur, algemene sekretaresse en verantwoordelik vir die tuiswedstryde se koördinering.

Dié raakvatter druk reeds die afgelope 16 jaar haar stempel af by die Griffonstadion. Sy hou as te ware al die bedrywighede by die stadion bymekaar.

Aan die begin was dit vir haar ’n uitdaging om in die oorwegend manswêreld haar voete te vind, maar vandag is sy hart en siel betrokke en kan byna as een van die Griffons beskou word.

Leah het as telefoniste begin en haarself gou bewys.

Sy reken haar werksplek is beslis soos haar tuiste en daar is sy ook op haar gelukkigste.

“Dit kan ek aan my goeie werksomstandighede en my kollegas toeskryf.

“Ek is absoluut deel van die meubels, die rugbyspel en die span,” sê Leah.

“Ek was werklik nog nooit ongelukkig in my werk en ek ruil my werk vir niks in die wêreld nie,” sê dié opgeruimde vrou.

Vir haar is dit ’n hoogtepunt wanneer die Griffons in ’n eindronde speel. Leah reken sy is hul grootste ondersteuner.

Dié staatmaker by die Griffons is in Welkom gebore en het hier grootgeword. Sy het aan die Hoërskool Dr. Blok in Bloemfontein matrikuleer en haar eerste werk was by Wanda Meubileerders in Ficksburg.

Haar getroude lewe het haar na Johannesburg gelei en ná baie jare daar het sy na Welkom teruggekeer.

Hier het sy by Fashion World en by Eskom op kontrakbasis gewerk totdat sy in 2002 by die Griffon-rugbyunie begin werk het.

Sy is ’n bondel energie en hou van besig bly. In haar vrye tyd oefen sy gereeld by ’n gimnasium.

  • Leah se boodskap aan vroue vir Vrouemaand is:

“Staan trots. Moenie toelaat dat die wêreld se laste jou onderkry nie. In Sotho is daar ‘n spreekwoord wat sê: ‘Mosadi o tshwara tipha ka bohaleng’.

“Dit beteken dat ’n vrou die mes aan die skerp kant hou. Dit beteken ons vroue is in staat om alles te oorkom. Moenie dat een val jou ondergang beteken nie. Staan op, stof jou af en beweeg aan. Moet nooit vergeet wat jy werd is nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.