Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou ’n inspirasie op 47
Dit het baie oefen en sweet gekos om tot daar te k

’n Tuisteskepper en ma van drie van Welkom, wat nog net drie jaar aan padwedlope deelneem, spog met ’n Comrades-marathon agter haar naam.

Amelia du Plessis (47) is ’n inspirasie vir vroue ouer as 40. Sy het haar passie vir padwedlope op 44 ontdek.

Haar belangstelling in die sport is deur haar skoonsuster Elize Alves van Johannesburg, wat ook aan die sport deelneem, in 2013 geprikkel.

In 2013 het Amelia aan die gewilde Mediclinic-nagwedloop in die 10 km-afdeling deelgeneem en net daar was die koeël deur die kerk.

Amelia oefen vyf keer per week saam met vriendinne en op Saterdae oefen sy ’n langer afstand.

Sy is ook deel van die Harmony Striders van Virginia en oefen elke Woensdag saam met die klub.

Amelia is as die klub se atleet vir 2018 gekroon. Dit is die eerste keer in 13 jaar dat ’n vroue-atleet dié eerbewys ontvang het.

Sy het al vyf 42,2 km-marathons en drie ultra-marathons gehardloop. Dit sluit die Two Oceans en die Comrades-marathon in.

“Die Comrades was vir my ’n groot belewenis. Toe ek die oggend in my blok vir die wegspring van die marathon gestaan het, kon ek nie glo ek gaan deelneem nie.

“Dit het baie oefen en sweet gekos om tot daar te kom en ek het geweldige ondersteuning gekry van my gesin en almal wat ek ken,” sê Amelia.

Sy volg nie ’n spesifieke dieet nie, maar glo daarin om ’n biefstuk met aartappels die aand voor ’n wedloop te eet, en probeer om meer groete en vrugte in te neem.

Haar man Hendrie neem aan padwedlope deel en die egpaar het al ’n paar marathons saam voltooi.

Amelia sê haar hele gesin ondersteun haar en weet hulle gaan nêrens op ’n naweek kuier alvorens sy haar oefensessie agter die rug het nie.

Sy geniet die samesyn van wedlope en die nuwe vriendskapsbande wat gesmee word.

Amelia is dankbaar vir die gesondheid wat sy gegun word.

Dit het baie oefen en sweet gekos om tot daar te kom en ek het geweldige ondersteuning gekry van my gesin en almal wat ek ken.

– Amelia du Plessis

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.