Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou se hart en siel was in onderwys
06 September 2018

Die Welkom-Volkskool het ’n groot legende van die skool tydens ’n baie spesiale geleentheid gegroet.

Juffrou Marina Gillmer (Steenkamp) se naam is sinoniem met die Welkom-Volkskool en ná 36 jaar lê sy amptelik die tuig neer.

Sy het haar laerskoolloopbaan in 1967 by die Welkom-Volkskool begin en was ook hoofmeisie van die skool. Haar pa, Douw Steenkamp, was die adjunkhoof. Hy het die meeste van die bome op die skoolterrein geplant.

Gedurende haar laerskoolloopbaan het sy uitgeblink in akademie, netbal, Voortrekkers, asook in atletiek. Sy het drie jaar agtereenvolgens verskeie Vrystaat-rekords laat spat.

Sy het haar hoërskoolloopbaan aan die Welkom-Gimnasium voltooi, waar sy ook ’n uitblinker in sport en akademie was en hoofmeisie in haar matriekjaar.

Sy het haar onderwysdiploma aan die Bloemfontein-onderwyskollege verwerf en in Januarie 1982 by die Welkom-Volkskool as onderwyseres begin werk.

Sy het egter nie haar studie gestaak nie en spog met grade in onderwys­bestuur, ’n meestersgraad in funksionele terapie en sy het selfs ’n meestersgraad in Bybelse berading.

Sy was die vakhoof van Afrikaans, maar het ook gedien as vakhoof van vakke soos verrykings­onderwys, jeugleiding, inligtingsvaardighede, taalkommunikasie, geletterdheid, lewens­oriëntering en ekonomiese bestuur.

Sy was die bibliotekaresse en die hoof van die skool se redenaars- en skaakspanne. In sport het sy ook meer as haar deel gedoen en het landloop, netbal, atletiek en, tot nou nog, die eerste en tweede meisie­tennisspanne afgerig.

As onderwyseres het sy op talle komitees gedien en was sy betrokke by talle kunstefeeste, publikasies en mediadekking.

Marina het altyd gemeenskap­betrokkenheid by leer­linge aange­moedig en was ywerig betrokke in die proses om Welkom as ’n stad te verklaar. Vir haar rol in die gemeenskap het sy talle eerbewyse ontvang.

Haar gunsteling-Bybelteksvers is Filippense 4:13: Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Sy het inderdaad diep spore getrap en gaan ’n groot leemte in die onderwys laat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.