Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou se kêrel kos haar toe R55 000

’n Verliefde vrou van Welkom se kêrel, sy twee vriende en ’n vrou het haar na bewering uit R55 000 gekul nadat sy hulle met ’n goudtransaksie gehelp het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die vrou en haar nuwe liefde, ene Moeketsi, het twee weke gelede een van sy vriende in Welkom by ’n teëlhandelaar gaan ontmoet.

Die vriend en nog ’n man het goud aan Moeketsi gewys en gesê hulle moet dit by ’n vrou in Riebeeckstad laat toets.

Volgens Thakeng het die mans gesê die vrou vra R5 000 om die goud te toets.

Nadat die vrou, wat in ’n gastehuis tuisgegaan het, die goud getoets het, het Moeketsi R5 000 by sy vriendin geleen om die vrou te betaal.

Die vrou het gesê dat die goud meer as R1,4 miljoen werd is, en dat hulle ’n verdere bedrag aan haar moet betaal om dit te verkoop.

Daarna het die mans Moeketsi se vriendin oortuig om die vrou R50 000 te betaal sodat hulle die transaksie kon beklink, sê Thakeng.

Moeketsi se neef sou kontant betaal en het gesê dit is R100 000 wat hy bydra. Die vrou het R55 000 uit haar bankrekening oorbetaal.

Die transaksie sou die volgende dag beklink word, maar die vrou se kêrel, sy twee vriende en die vrou in die gastehuis het intussen spoorloos verdwyn.

Thakeng sê die mans het met ’n grys Mercedes-Benz C-klas gery en woon vermoedelik in Kroonstad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.