Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VVA kuier soos in die ou dae

Die Welkom-tak van Vrystaat Vroue in Aksie (VVA) en Tafelronde het Saterdagaand (12/10) ’n 1940’s-ete en -dansparty ten bate van die VVA aangebied.

Die dansparty is deur Tracey Daly, voorsitter van die tak, gereël.

Die gaste kon aantrek volgens die 1940’s-tema en plaaslike sanger Pieter van Rooyen het hulle met musiek uit dié era vermaak.

Drien Basson, ’n inwoner van die Nyala-tehuis vir bejaardes, en Frikkie Knoetsen van die VVA Goudrif-wooneenhede het die pryse vir die beste dansers gewen.

Ollie Olivier het ’n sjokoladekoek met die gelukstrekking gewen.

“Patrys Tanzer, ’n VVA-lid, het ’n rok aangehad wat sy 50 jaar gelede vir die eerste keer aangehad het,” sê Daly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.