Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werkers glo by moord betrokke

Werkers word moontlik betrek by die ondersoek na die moord op Mark Regal (50).

Hy is op Woensdag 11 November tydens ’n plaasaanval buite Odendaalsrus doodgeskiet.

Twee mans het Regal se vrou, Angela, oorval waar sy op die plaashuis se stoep gesit het.

Sy het een van die aanvallers doodgeskiet, maar die tweede aanvaller het toe vir Mark geskiet.

Die aanvaller wat deur Angela doodgeskiet is, is ’n Nigeriese burger, Obi Okaye (55).

Volgens iemand na aan die ondersoek was meer as een werknemer van Joe Regal, Mark se pa, by die aanval betrokke.

Mark en Angela het na die plaas omgesien terwyl Joe afwesig was.

Die Regals is ’n Goudveldse familie wat ’n boerdery, taksidermie en nog sakeondernemings besit.

Die ingeligte sê dit lyk asof Joe se werknemers inligting aan ’n misdaadbende gegee het om die aanval moontlik te maak.

’n Plaaslike boer, Jan Bezuidenhout jr., sê hy en nog gemeenskapslede en polisie­lede is sedert die moord op Mark onverpoos na die aanvallers op soek.

Bezuidenhout sê die aanvaller wat glo vir Mark doodgeskiet het, is self raakgeskiet en het baie gebloei.

Hy en nog mans het ure lank deur die nag die gewonde man en sy twee makkers se spore gevolg.

Daar was vier aanvallers, sê Bezuidenhout. Die drie wat van die plaas af gevlug het, het ’n ent deur die veld geloop, waarna ’n voertuig hulle opgelaai het.

Rudi van Vuuren, veiligheids­koördineerder van Vrystaat Landbou, sê die polisie was vinnig op die toneel.

Mark se herinneringsdiens kan môre (20/11) om 15:00 regstreeks op die Mosaic Funeral Group Welkom se Facebook-blad gevolg word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.