Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Woordkraantjie’ word nie leeg

“Om te dig en te skryf is vir my baie lekker. As die woordkraantjie eers oopgedraai word, is daar geen keer.”

Só meen Bultfonteiner Solly Delport, wat al verskeie gedigte – en ’n debuutbundel – gepubliseer het.

Sy digbundel Net vir jou: Gedagtes en gedigte is in 2018 deur die Malherbe-uitgewers uitgegee.

“Op skool het ek dit baie geniet om opstelle te skryf. Ek het gehou van gedigte en voorgeskrewe boeke,” sê hy.

“Die voorgeskrewe boek wat ek die meeste geniet het – en ook al meer as een keer gelees het – is Kringe in ’n bos deur Dalene Matthee.”

Hy is op 28 Julie 1983 in Odendaalsrus gebore, en het sy kinder­jare in Allanridge deurgebring.

In 1993 het sy gesin na Bultfontein verhuis.

Solly het aan die Hoërskool Bultfontein matrikuleer, waarna hy rekenaar- (N4) en inbelsentrum-kursusse aan die Intec-kollege voltooi het.

Hy het sy eerste gedigte in 2004 geskryf.

“Ek het my liefde en talent vir digkuns sekerlik by my oupa, Johan van Zyl, geërf. Hy het doeriejare ’n bundel, Treetjies na die toekoms, by die Daan Retief-uitgewers laat publiseer. My oupa het in Welkom gebly, maar sy laaste jare hier in Bultfontein.”

Die wêreld om hom is die inspirasie vir Sollie se gedigte.

“Goed soos die natuur, voëlgesang en selfs vakansiedae begeester my,” sê hy.

“Dit is juis voëlsang wat my begeester het om die gedigte ‘Natuur se musieken ‘Lente’ te skryf. Kersfees, Nuwejaarsdag, Paasfees en Valentynsdag was ook al ’n bron van inspirasie. Tog is my verbeelding soms my grootste dryfveer.”

Die Engelse gedigte “Annabel Lee” en “ Amy Lee” beskryf hy as ’n produk van verbeelding.

Hy het die naam “Annabel Lee” in ’n boek van Edgar Allan Poe raakgelees. Soms put hy ook inspirasie uit hartseer.

“My wens is dat almal wat my bundel lees, dit sal verstaan. Juis daarom het ek die gedigte in gemaklike Afrikaans geskryf,” sê Solly.

Die bundel bevat ook gedagtes in gedigvorm.

My gedigte is in ’n hele paar gesamentlike digbundels saamgevat. Net vir jou is my debuutdigbundel wat in 2018 verskyn het. Volgende aan die beurt vir my is ’n kortverhaalbundel vol spook­stories.”

Om te dig en te skryf is vir my baie lekker. As die woordkraantjie eers oopgedraai word, is daar geen keer. - Solly Delport

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.