Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vista
Matjhabeng vat Eskom hof toe
Matjhabeng vat Eskom hof toe
Matjhabeng vat Eskom hof toe

Die Matjhabeng-munisipaliteit (Vrystaatse Goudveld) sal die hooggeregshof op ’n dringende grondslag nader vir die nodige verligting, wat ’n kostebevel sal insluit, sou Eskom versuim om ’n onwettige beslaglegging op sy rekening terug te trek.

Dit volg nadat Eskom Vrydag op die munisipaliteit se bankrekeninge beslag gelê het weens baie agterstallige skuld wat Eskom beweer Matjhabeng aan hom moet betaal. Die munisipaliteit is sedert 2014 in ’n geskil met Eskom betrokke.

Die munisipaliteit het tevergeefs probeer om belangrike inligting oor Eskom se eise van Matjhabeng se agterstallige rekening te bekom.“Eskom se gebrek aan reaksie in hierdie verband belemmer die voortsetting van dié saak in die hooggeregshof,” sê Bertus Maritz, senior regsgenoot van Bokwa Incorporated, die munisipale prokureurs.

Maritz sê Eskom ontduik hulle in dié verband.In die pleit van die munisipaliteit wat reeds op 2 Julie in die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien is, staan dat Eskom se betoog dat die munisipaliteit nog nooit betalings gedoen het nie en hom geld skuld, verkeerd is en die munisipaliteit betwis dit heftig.Sedert Julie 2014 het die munisipaliteit al R957 500 826,08 aan Eskom betaal.“

As Eskom hierdie betalings korrek toegeken het, sou geen bedrag as uitstaande weerspieël word nie

As Eskom hierdie betalings korrek toegeken het, sou geen bedrag as uitstaande weerspieël word nie,” sê ’n woordvoerder van die munisipaliteit.

In ’n eisebrief wat vandeesweek uitgereik is, versoek die munisipaliteit weer ’n vergadering om die kwessies op die tafel dringend te hanteer.As Eskom nie tot ’n vergadering instem nie, sal die munisipaliteit gedwing word om verliese te verhaal weens die kragverskaffer se regstreekse lewering van elektrisiteit aan verbruikers soos myne, boere en gebiede binne die munisipale jurisdiksie.

Matjhabeng se geskatte verlies aan inkomste weens Eskom se regstreekse lewering van elektrisiteit aan hierdie entiteite word op R3,65 miljard, sonder rente, geraam.In die brief wat Maandag uitgereik is, sê Matjhabeng Eskom se volgehoue inmenging in sy grondwetlike reg om elektrisiteit regstreeks aan kliënte wat onder die regsgebied van die munisipaliteit val te lewer, het daartoe gelei dat Matjhabeng werklike verliese van byna R46 900 000 per maand gely het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.