Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vista
Verwerf doktorgraad
Oud-Goudvelder Gerda van Niekerk het Donderdag (06
Oud-Goudvelder Gerda van Niekerk het Donderdag (06/09) haar LLD-graad in regte aan die Universiteit van Pretoria (UP) ontvang. Haar navorsing het die geskiedenis en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), spesifiek met betrekking tot die finansiëlestabiliteitmandaat van die SARB, ondersoek. Die nuwe wet rakende die finan­siële sektor se regulering, wat op 1 April 2018 in werking getree het, is bestudeer. Die wet stel die Twin Peaks-stelsel van finansiële regulering in Suid-Afrika in werking. Die Twin Peaks-stelsel soos wat dit in Australië en Nederland toegepas word, is ondersoek en met Suid-Afrika vergelyk. Van Niekerk is die dogter van Boet en Martie Fourie van Hennenman en het in 1980 aan die Hoërskool Hennenman matrikuleer. Sy was 25 jaar lank ’n eiendoms- en kommersiële prokureur in Centurion en is tans ’n lektor aan die Universiteit van Limpopo.
Oud-Goudvelder Gerda van Niekerk, ’n oud Goudvelder van Hennenman het Donderdag (06/09)6 September haar LLD-graad(doktorsgraad) in regte aan die Universiteit van Pretoria (UP) ontvang. Haar navorsing het die geskiedenis en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), spesifiek met betrekking tot die finansiëlestabiliteitmandaat van die SARB, ondersoek. Die nuwe wet rakende die finan­siële sektor se regulering, wat op 1 April 2018 in werking getree het, is bestudeer. Die wet stel die Twin Peaks-stelsel van finansiële regulering in Suid-Afrika in werking. Die Twin Peaks-stelsel soos wat dit in Australië en Nederland toegepas word, is ondersoek en met Suid-Afrika vergelyk. Van Niekerk is die dogter van Boet en Martie Fourie van Hennenman en het in 1980 aan die Hoërskool Hennenman matrikuleer. Sy was 25 jaar lank ’n eiendoms- en kommersiële prokureur in Centurion en is tans ’n lektor aan die Universiteit van Limpopo.   
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.