Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Belê in nuwe ontwikkeling en spaar

Die eiendomsmark word al jare lank deur die verkoper oorheers, maar tans gaan dit oor jou, die koper.

Met die oorvloed en verskeidenheid van keuse is die huidige klimaat ’n uitstekende tyd om in eiendom te belê.

’n Verlaagde rentekoers met hoër bankgoedkeuringskoerse skep die perfekte platform vir kopers om in ’n huis te belê – of dit nou jou eerste eiendom is, jy afskaal na ’n kleiner eiendom of vir jou oudag wil belê.

Met die genoemde in gedagte, oorweeg gerus om in nuwe ontwikkeling te belê. Só kan jy ’n aansienlike bedrag bespaar omdat jy geen oordragkoste het nie. Dit beteken dat jy daardie bietjie ekstra in die sak het vir jou eie spesiale projekte in jou nuwe huis.

’n Ontwikkelaar soos Lenova Construction in Bloemfontein pas graag planne aan om in jou individuele behoeftes te voldoen. Slegs die beste ten opsigte van onberispelike afwerkings word aangebied. Hul huise word vir jou geskep met aandag aan detail soos ontwerperskaste, luukse bad­kamers, inloopkaste, dubbele storte, pajamahoekies en soveel meer.

Onthou hoe gouer jy koop, hoe makliker sal dit wees om jou huisaankoop te finansier. Tans het jy moontlik ’n laer inkomste nodig om in aanmerking te kom vir ’n huislening.

Lenova het ’n verskeidenheid pragtige eiendomme in die Wild Olive Estate in Bloemfontein tot jou beskikking, waaronder Harvard Crest, Ivy Hill, Goldberg en Jedburgh.

Lenova Construction het die kundigheid om jou deur alle fases van die aankoop te lei.

Gesels met Alice Zhao by Lenova Construction by 076 391 4068 of per e-pos by alicez@lenovaconstruction.co.za.

Meer oor:  Eiendomme  |  Eiendomsmark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.