Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Maak slim planne om te spaar

As die nasionale inperking ons iets geleer het, is dit die belangrikheid om by ’n begroting te hou en noodspaargeld beskikbaar te hê as die onvoorsiene gebeur. Dit kan ’n uitdaging wees vir diegene wie se krediet meer as hul maandelikse verdienste strek.

“As ’n bekostigbaarheidsreël moet jy nie meer as 30% van jou maandelikse bruto inkomste aan behuising bestee nie. Op hierdie manier sal jy as huiseienaar of huurder genoeg van jou maandelikse inkomste oor hê om die res van jou huishoudelike uitgawes te kan betaal­, sowel as om bydraes tot spaargeld te maak,” sê Adrian Goslett, streeksdirekteur en uitvoerende hoof van RE/MAX Suider-Afrika.

Om huiseienaars en huurders te help om ’n maandelikse begroting op te stel wat die risiko sal verminder om hul huis weens onvoorsiene omstandighede te verloor, stel RE/MAX Suider-Afrika die volgende wenke voor om finansieel voorbereid te wees op die onverwagte:

Stap 1: Kategoriseer jou uitgawes

Die eerste stap is om uit te vind waar jy jou geld bestee. Kyk hier na jou bankstaat om ’n lys te maak van al jou uitgawes en verdeel dan die uitgawes in die volgende kategorieë:

Onveranderlike noodsaaklikhede: Dit sluit huurgeld, versekeringspaaiemente, ensovoorts in.

Veranderlike benodigdhede: Dit is veranderlike koste soos kruideniersware en brandstof.

Onnodige uitgawes: Dit sluit ontspanningsbesteding en inkopies in.

Spaar op lang termyn: Betalings aan pensioenfondse en beleggings.

Korttermynbesparings: Informele besparings soos stokvelle en noodfondse.

Stap 2: Besnoei ’n bietjie om meer te bespaar

As jy nie reeds ’n gesonde bedrag spaar nie, sal jy êrens moet besnoei. Punt twee en drie in die lys hierbo is die maklikste om in te besnoei om meer geld beskikbaar te stel vir spaargeld. Besnoeiing in uitgawes in punt een behels daarenteen meestal navorsing om goedkoper alternatiewe te vind en die gevolglike proses om die vaste uitgawes oor te skakel of te kanselleer. Jy kan dit hersien as jy steeds nie jou besparingsdoelwitte bereik het nadat jy in punt twee en drie besnoei het nie.

Stap 3: Stel besparingsdoelwitte

Dit is noodsaaklik om besparingsdoelwitte te stel. Bepaal ’n bedrag wat jy elke maand opsy wil sit om jou te help om die verskillende uitgawes wat jy aangegaan het met die besit van ’n huis te bekostig. ’n Goeie reël is dat jy twee tot drie maande van jou salaris in ’n toeganklike rekening moet spaar in geval van nood. Jy kan hierdie spaargeld in ’n belastingvrye spaarskema belê om jou te help om jou besparingsdoelwitte vinniger te bereik – maak net seker of daar enige koste daaraan verbonde is om geld uit jou rekening te onttrek.

Stap 4: Skep ’n gerief vir krisiskontant

Terwyl jy jou noodbesparings opbou, moet jy seker maak dat jy ’n vorm van krediet- of oortrokke geriewe het om te gebruik ingeval iets gebeur en jy toegang tot noodfinansiering benodig om jou deur die krisis te sien. Vermy onnodige skuld deur slegs hierdie gerief te gebruik as jy dit regtig nodig het.

As ’n laaste bietjie raad, beveel Goslett aan dat die sleutel om te verhinder dat jy hopeloos agterbly met jou skuldterugbetalings, is om ’n huis te koop wat jy weet jy kan bekostig. “Vir diegene wat sukkel om spaargeld te vind, is dit miskien ’n goeie plan om met ’n eiendomsagent te praat om uit te vind of die verkoop van jou huis sommige van die finansiële druk wat baie huishoudings tans ondervind, sal verlig.”

  • Besoek www.remax.co.za vir meer raad oor huiseienaarskap.
Meer oor:  Spaar  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.