Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Só lyk ideale huurdokument

Gerhard Kotzé, besturende direkteur van die RealNet-eiendomsagentskapgroep, beveel aan dat ’n huurdokument ten minste die volgende inligting bevat:

  • Die kontakbesonderhede van die verhuurder en huurder, insluitend hul telefoonnommers en noodnommers;
  • Die adres en beskrywing van die huureiendom;
  • Besonderhede van enige deposito wat betaal is, die maandelikse huurbedrag en die voorgestelde duur van die huur;
  • Verantwoordelikhede en vereistes vir verhuurder en huurder ten opsigte van onderhoud en sekuriteit, byvoorbeeld;
  • Die prosedures en kennisgewing wat benodig word om die huurkontrak te kanselleer of te hernu; en
  • ’n Lys van bestaande gebreke aan eiendom wat saamgestel is tydens ’n gesamentlike inspeksie van die huureiendom en deur albei partye onderteken is voordat die huurder okkupasie neem.

Kotzé sê ter wille van die duidelikheid moet die huurkontrak ook uiteensit wat gedoen moet word met die deposito wat die huurder betaal. Dit moet in ’n rentedraende bankrekening gehou word, tot voordeel van die huurder, vir die volle duur van die huur.

“Aan die einde van hierdie periode word aan die huurder die volle deposito verskuldig, sowel as rente verdien, teruggegee. Die koste om die skade wat die huurder aan die eiendom veroorsaak het, te herstel, kan egter afgetrek word ná ’n uitgaande inspeksie wat deur die huurder asook die verhuurder (of agent) binne sewe dae ná die einde van die huurkontrak, bygewoon is.”

– RealNet

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.