Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Sorg vir ’n skriftelike huurkontrak

In die nadraai van die Covid-19-inperking in Suid-Afrika, het baie huurders geldelike probleme en moet hulle verhuis omdat hulle nie meer die huur van hul huidige huis kan bekostig nie.

Gerhard Kotzé, besturende direkteur van die RealNet-eiendomsagentskapgroep, sê in hierdie situasie moet jy altyd seker maak dat jou huurooreenkoms op skrif is.

“Dit is nie net ’n vereiste van die Wet op Huurbehuising nie, maar die beste manier om verwarring of toekomstige geskille oor die voorwaardes van jou huurooreenkoms te voorkom – veral as dit vinnig ooreengekom is.”

Hy sê dat verhuurders ook altyd kredietwaardigheidskontrole en ’n verwysingsondersoek op enige voornemende huurders moet doen – natuurlik met hul skriftelike toestemming – voordat hulle toegelaat word om enige deel van hul eiendom te beset.

“Selfs as jy die ekstra inkomste regtig nodig het, is dit baie beter om iemand met ’n swak kredietprofiel of ’n swak betalingsgeskiedenis af te keur, as om te waag met die tydrowende en duur proses om iemand uit te sit wat nie sy huur betaal nie.

“En om dit nog makliker te maak, huur of verhuur jou huis deur ’n gekwalifiseerde en ervare verhuringsagent wat aan ’n gerekende agentskap gekoppel is, wat ’n standaard- geskrewe huurkontrak kan bied waarin jy al die bepalings en voorwaardes van jou ooreenkoms uiteensit en al die regte en verantwoordelikhede van elke party uiteensit.”RealNet

Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.