Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Geliefde inwoner van Bethlehem gegroet

’n Roudiens word vandag in Bethlehem gehou vir André Cleghorn (68), ’n bekende inwoner wat Saterdag aan sy hart oorlede is.

Die diens in die NG kerk Bethlehem-Oos word deur ds. Joe Muller gelei.

Cleghorn het in Bellville, Kaapstad, grootgeword en skoolgegaan, waarna hy by die destydse spoorweë (Transnet) in Bethlehem begin werk het.

Daarna het hy bykans 37 jaar vir die Spur-groep gewerk voordat hy twee jaar gelede by Schwims Bande begin werk het.

Hy was jare lank by die Bethlehem-gholfklub betrokke.

André Cleghorn

Sy dogter van Bethlehem, Tanja Schwim, sê haar pa was dol op diepseehengel, rugby en braai.

“Min mense kon ’n snoek braai soos my pa en hy het altyd die lekkerste kos gemaak.”

Hy word beskryf as ’n hardwerkende man wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. Hy was gewild en sou alles vir sy kinders, kleinkinders en vriende doen.

Cleghorn was met Aletta getroud. Die egpaar is geskei.

Uit die huwelik is drie dogters gebore.

Hulle is ook met vier kleinkinders geseën, almal van Bethlehem.

Hy word ook oorleef deur sy dogters, Michelle Cleghorn, wat in Nieu-Seeland woon, en René Shottle van Wallis.

  • Die berig het eers in VrystaatKroon verskyn.
Meer oor:  Bethlehem  |  Sterf  |  Kontrei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.