Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Kinders droom reeds oor Kersfees

Kinders in die Upington-omgewing droom waarskynlik reeds oor die dae voor Kersfees, 22 en 23 Desember, wanneer past. Esau Montzinger van die Koda-gemeenskapsontwikkelingsentrum (Multipurpose Community Development Association) en sy vrywilligers kos en lekkergoed gaan uitdeel.

Montzinger hoop om sowat 3 500 kinders van vroeg tot laat te trakteer en vermaak. Verlede jaar het hulle sowat 1 000 kinders onthaal.

Streng Covid-19-maatreëls gaan egter vanjaar geld. Net 200 kinders sal op ’n slag by die Koda-terrein in Rosedale ingelaat word, waar hulle ’n halfuur lank kan speel en eet.

“Ons gaan op 22 Desember deur die res van Upington ry om groentepakkies en lekkergoed aan gesinne uit te deel,” sê Montzinger.

“Op 23 Desember kan die kinders na ons terrein kom, waar ons worsbroodjies en koekies sal uitdeel en vermaak aanbied. Kinders kan op ’n springkasteel baljaar en kunstenaars sal die kindergesiggies verf en met hulle speel.

“Almal gaan ook die ‘Jerusalema’-dans doen.”

Ragel Rampie speel Kersvader by verlede jaar se Kerspartytjie vir Upington se kinders wat deur die Koda-gemeenskapsontwikkeling-sentrum aangebied is.Foto: Verskaf

Montzinger sê hoewel die departement van maatskaplike ontwikkeling en private maatskappye reeds geld en ander benodigdhede geskenk het, benodig hulle nog skenkings soos koeke, kos of lekkers.

“Ons doelwit is om kinders geborge te laat voel. Wanneer kinders veilig voel en sekuriteit het, is hulle minder geneig om by dwelmmisbruik betrokke te raak. Ons mikpunt is om gemeenskappe by te staan en veral kinders te ondersteun om hul ontwikkeling te stimuleer.”

Hy sê hulle wil gemeenskappe bemagtig, opvoed en oplei om beter voorbereid op rampe te wees en nagevolge makliker te oorkom.

Gedurende die jaar is hulle by bewusmakingsprogramme oor MIV/vigs en geslagsgebaseerde geweld en rehabilitasie betrokke.

“Ontwikkelde en geïntegreerde gemeenskappe is meer selfonderhoudend en volhoubaar. Ons wil hulpbehoewendes se behoeftes bevredig en armoede verlig.”

  • Die berig het eers in die NoordkaapBulletin verskyn.
Meer oor:  Kos  |  Kersfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.