Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Kontrei: Dagboek

5 en 6 September 

Augrabies: Ná die oorweldigende sukses van die Augrabies Falls Klipspringer Challenge, ’n tweedagveldwedloop, word dit vanjaar weer gehou. Vir meer inligting besoek klipspringerchallenge.co.za. 

6 September 

Bethulie: Die kykNet-program Kwêla het by Marianne Basson van die dorp gekuier om meer oor haar en die pophuise wat sy bou, uit te vind. Die uitsending is Sondag om 18:00 op DStv kanaal 144.

19 September

Trompsburg: Die Laerskool Trompsburg hou ’n vroue-oggend vir ma’s en dogters op die rugbyveld. Die motiveringspreker Esmé Deysel gaan gesels en die Trompie-meisies verskaf vermaak. Daar sal onder meer ’n springkasteel en ’n verskeidenheid stalletjies wees. Die kaartjie sluit ’n piekniekmandjie in, maar gaste moet hul maskers, piekniekkomberse en mooiste hoed onthou. Koop kaartjies, of kry meer inligting deur Nadia by 072 272 2084 of Louwrens by 084 252 9461 te bel. 

Marianne Basson, Willem Botha
Marianne Basson van Bethulie en die Kwêla-aanbieder Willem Botha.

30 Oktober tot 1 November 

Loxton: Kuier saam met jou gesin en ry fiets deur die skouspelagtige Karoo terwyl jy tyd saam met die bekende skrywer Deon Meyer deurbring en nuwe vaardighede­ leer saam met die bergfietsafrigter Joanna­ Dobinson. Vir meer besonderhede, kontak Linda by 082 875 3339 of per e-pos by info@jakhalsdans.co.za. 

6 tot 7 November 

Upington: Die Orange Descent, ook bekend as die Oranjerivier­kanomarathon, beloof om ’n wonderlike avontuur vir roeiers te wees. Bel Waldo van der Linde by 072 184 9090, besoek https://orangedescent.co.za/ of stuur ’n e-posboodskap na info@stroke2max.com. 

19 tot 21 November 

Clarens: Kwilt in Clarens. Besoek die webblad www.quiltinclarens.co.za of bel Alaë Gräbe by 082 577 2232.

Meer oor:  Kontrei  |  Dagboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.