Die Vrystaatse Vroue-Landbou-unie (VVLU) se Koppies-tak het op ’n onlangse vergadering deur Spanje “gereis”.
Antoinette Morgan, gasspreker op die geleentheid, het vertel hoe sy die El Camino de Santiago de Compostela, ’n staproete oor 1 000 km, alleen aangedurf het.
Sy het aan lede foto’s van die landskappe, katedrale, woude, berge, klein dorpies en seetonele gewys sodat hulle die roete deur haar oë kon beleef.
Lede van die unie het ook tydens die vergadering die geleentheid gehad om roosblaarkonfyt te kook. Hulle is aangenaam verras oor hoe maklik dit was en lekker dit gesmaak het.
Belangstellendes kan die VVLU se Koppies-tak besoek om te sien waarmee gewoeker word.
Bel Catrien Koekemoer by 071 155 0848 of Elsa Jonker by 084 600 6012 vir meer inligting.

Die VVLU se Koppies-tak het in Oktober ’n interessante vergadering aangebied. Van links is Louren Roux, Elsa Brits (area 1, president), Catrien Koekemoer (voorsitter), Sandra de Jong (sameroeper), Karin d’Orville (van die TV-program Fokus) en Antoinette Morgan (gasspreker). Foto: Verskaf
Netwerk24 Foto: Verskaf