Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Kunstenaar leer jonges oor kuns

Twee maande se kunsopleiding vir 15 jong mense in Brandfort word môre op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n uitstalling in Brandfort se stadsaal.

Die Bloemfonteinse kunstenaar Victor Geduld het die afgelope twee maande werksessies aangebied vir ’n groep jong mense wat nog nooit enige kuns gedoen het nie. “Dit sluit hawe­loses en jong mense in wat pas klaar is met skool wat van 19 tot 25 jaar oud is,” sê hy.

Keletse Carlos Tau
Keletse Carlos Tau wys wat hy in die werksessies geleer het.
Nkeletseng Julia Modise
Nkeletseng Julia Modise leer hoe om ’n skilderdoek te span.

Volgens Geduld probeer hy die jong mense vaardighede leer sodat hulle besig kan bly en kan sien wat hulle kan doen. “Ek sien die verskil in hul ontwikkeling en selfdissipline.”

In die werksessies het die groep aspirantkunstenaars meer uitgevind oor alle aspekte van kuns – van esels bou en doek span tot pensketse en waterverfskilderye. Hulle is ook geleer om twee- en driedimensionele roosters te maak, hoe om ’n gesig te teken en landskappe en stillewes te skilder.

Soortgelyke werksessies is reeds in Excelsior en Tweespruit aangebied en Geduld beoog om in die volgende tien jaar soort­gelyke kursusse in dorpe om Bloemfontein aan te bied.

Hy wil graag vir jong kunstenaars ’n platform bied waar hul werke verkoop kan word en wil hulle ook blootstelling op kuns­tefeeste gee.

Benewens bydraes van die Nasionale Kunsteraad, borg die Visual Arts Foundation, waarvan Geduld deel is, die materiaal wat vir die sessies gebruik word. 

  • Die uitstalling open môre om 17:00 en duur tot Sondag. Die werke kan Vrydag van 09:00 tot 15:00, Saterdag van 09:00 tot 14:00 en Sondag van 09:00 tot 13:00 besigtig word.

Bel Geduld by 079 290 8704. 

Meer oor:  Brandfort  |  Kontrei  |  Kuns  |  Uitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.