Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Ma, dogter laat gesigmaskers lóóp

Teen die agtergrondklank van die televisieprogram CSIhet twee vroue van Boshof reeds meer as duisend gesigmaskers gemaak sedert die begin van die grendelstaat.

Wiekie van Schalkwyk van Boshof by van die meer as duisend gesigmaskers wat sy en haar ma al gemaak het. Foto: Verskaf

Wiekie van Schalkwyk en haar ma, wie se naam ook Wiekie is, sê hulle maak gemiddeld 30 maskers per dag.

Die Van Schalkwyk-vroue, wat bekend in die omgewing vir hul naaldwerk is, sê hulle is dankbaar vir die vraag na katoenlapmaskers.

“Dis ons brood en botter, want ek mag nie nou klere of trourokke vir mense maak nie,” sê Wiekie jr. Hierdie naaldwerkster doen al van haar skooljare naaldwerk en het voorheen as deeltydse dosent in patroon- en kledingkonstruksie aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein klas gegee.

“Ons werk op ’n massaproduksiegrondslag en ek en my ma wissel take af,” vertel sy.

Wiekie jr. sê sommige dae sit sy tot 12 uur agter die naaimasjien en het al tot 60 maskers op ’n dag gemaak. “Ek het my stikster, Sanna Sekgoro, betrek wanneer die bestelling groot is, en nadat vlak 4 aangebreek het en ek vir haar ’n permit kon kry.”

Wiekie van Schalkwyk van Boshof besig met handwerk aan die maskers wat sy en haar dogter, ook Wiekie, maak. Foto: Verskaf
Van die maskers wat die Van Schalkwyks van Boshof al gemaak het. Foto: Verskaf

Die vroue sê die bestellings vir hul maskers stroom in. “Ons kan soms nie voorbly nie. Sodra ons ’n bestelling vir een van ons afsetpunte voltooi het, stop ’n boer by ons en vra vir maskers vir hom en sy werkers,” vertel Wiekie sr.

Hoewel dié dogter-en-ma-duo se maskers by die plaaslike koöperasie, die Zoolies-skryfbehoeftewinkel en Groentemandjie-winkel te koop is, is hul maskers ook elders te sien.

“Ons het al maskers vir maatskappye in Bloemfontein en Kimberley gemaak – sommige selfs met die maatskappy se logo op,” sê Wiekie jr.

Sy sê al het elke masker dieselfde patroon, is elkeen uniek. “Elkeen het ’n ander karakter.”

Die vroue het materiaal al van vreemde oorde ontvang. “Baie van die lap is lap wat ek gehad het, maar sommige van die lap is selfs lakenlinne wat mense hier kom afgee het.

“Ek het selfs lap gebruik wat my tannie jare gelede vir my gegee het en ek het ook kamoefleerlap, wat vir die maak van voorskote bestem was, opgesny.”

Wiekie jr. sê dit is lekker om die maskermakery saam met haar ma te doen, “want dit hou ons albei besig en uit die kwaad uit”.

Meer oor:  Boshof  |  Kontrei  |  Gesigmaskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.