Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Ma en seun sit hul rolbal-segetog in Kby voort

Ma en seun het weer tydens Noord-Kaap Rolbal se enkelspelbyeenkoms in Kimberley skoonskip gemaak.

Die provinsie se 16 topmans- en -vrouerolbalspelers het Saterdag en Sondag om die enkelspeltitel meegeding.

Charles Peter (CP) Mathewson is vir die derde keer as die manskampioen aangewys en sy ma, Annelie Mathewson, vir die agtste keer as die vrouekampioen.

Seun en ma, Charles Peter (CP) en Annelie Mathewson.

CP, van die Beaconsfieldpark-klub, het Hendrik Boshoff van die Sishen-klub in Kathu in die manseindstryd geklop.

Annelie, ook van die Beaconsfieldpark-klub, het as wenner uitgetree ná ’n stryd teen Susan le Roux van die Assmang-klub in die Post- mas­burg-distrik. Dié twee enkelspelkam­pioene neem die naweek aan die Kimberley-subdistrik se gemengde parespelkompetisie deel. Dié ma-en-seun-span is ook al as die Suid-Afrikaanse kampioen aangewys.

  • Die berig het eers in NoordkaapBulletin verskyn.
Meer oor:  Noord-Kaap  |  Kimberley  |  Rolbal  |  Kontrei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.