Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Nederlandse stigting skenk kos

Altesaam 40 kospakkies met genoeg kos vir vier weke is verlede week aan gesinne in die gemeenskap van Phelindaba by Ritchie in die Noord-Kaap uitgedeel danksy skenkings uit Nederland.

Klaas Shuping (links) en ’n helper pak kospakkies vir 40 gesinne in Ritchie. Foto: Verskaf

Ton van der Smit, projekleier en stigter van Eye for Others van Apeldoorn in die provinsie Gelderland in Nederland, sê die organisasie het gesien hoe groot die voedselnood hier is en hoeveel erger dit nog gaan word weens die Covid-19-pandemie.

“Ons het onmiddellik saam met ons mense in Suid-Afrika, onder leiding van Amelia Davis en Klaas Shuping, begin planne maak om kos te verskaf.”

Amelia het in Suid-Afrika kos gekoop met geld wat Ton in Nederland ingesamel het.

Ton het nou ook saam met vriende in Bloemfontein 3 000 kg boontjies gekoop. Die boontjies gaan hulle ook in kospakke verwerk vir behoeftiges in Bloemfontein en Ritchie.

Hy sê hierdie is eintlik maar die begin van ’n ontwikkeling in Phelindaba om saam met die inwoners groentetuine te maak en hulle te leer dat jy op ’n eenvoudige manier vir jouself groente kan voorsien.

“Die eerste 20 groentetuine is reeds begin en mense besef watter moontlikhede hulle vir hulself kan skep.”

Van die kinders wat verlede week by was toe hul ouers kospakkies in Ritchie ontvang het. Foto: Verskaf

Ton sê hulle gaan egter voort om hulp te verskaf in dié inperkingstyd.

Eye For Others is al 25 jaar aktief in Suid-Afrika met projekte vir gemeenskapsondersteuning. Die fokus is op vroue en kinders en die verskaffing van lewensvaardighede aan veral kinders.

Volgens Ton moet die omstandighede waarin die kinders woon verbeter word. Sodoende kan hulle later wyse toekomsbesluite neem wanneer hulle volwassenes is.

“Hy of sy gaan dan self hard werk en besef dat die resultaat nie afhang van ander nie – nie van hul vriende, pastore, onderwysers en hul ouers nie.”

Ton het saam met sy span van Eye For Others al baie projekte gedoen in Koster, Rustenburg, Douglas en die afgelope vyf jaar in Ritchie.

Net voordat die pandemie uitgebreek het, was planne gereed, materiaal reeds gekoop en skenkings ontvang om ’n kleuterskool in Ritchie op te rig.

Stuur ’n e-pos na vraag@EyeForOthers.nl vir meer inligting.

Meer oor:  Nederland  |  Kontrei  |  Kospakkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.