Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Oorloggrafte herstel

’n Kontrakteur van die Suid-Afrikaanse tak van die Commonwealth War Graves Commission (CWGC), ’n organisasie wat omsien na Gemenebes-oorlogsgrafte oor die wêreld heen, het Bethulie onlangs besoek om opknappingswerk in die plaaslike begraafplaas te kom doen.

Die CWGC-span het die grafte van Britse soldate wat tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) dood is en hier begrawe lê, gemerk met granietkopstene waarop die individue se besonderhede gegraveer is.

Hierdie granietstene is in sementblokke gegiet en op elke graf geplant.

Herstelwerk is onlangs in Bethulie se begraafplaas gedoen aan die grafte van Britse soldate wat tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) dood is en hier begrawe is.Foto: Coreli Roos

Dit was nodig nadat ’n getal van die ysterkruise waarop die Britte se persoonlike besonderhede was, ongeveer twee jaar gelede van die grafte gesteel is.

“Gelukkig het ek die presiese ligging van elkeen gehad. Nou hoop ek die diewe en vandale gaan hierdie grafte uitlos,” sê Trudie Venter, ’n gebore Bethulianer wat baie navorsing oor die dorp en sy geskiedenis gedoen het en ook twee boeke daaroor geskryf het.

Verskeie oorlogsgrafte is in Bethulie se begraafplaas te vind.

Die 22 Britte wat tydens die ABO dood is, is in twee afsonderlike blokke begrawe met 14 grafte op een plek en die res ’n entjie verder.

“De Villiers was ’n joiner wat dit baie moeilik gemaak het vir die vroue in die konsentrasiekamp,” sê Venter oor die klipgrafsteen van Hendrik Theodorus de Villiers saam met die een groep Britte.

In die begraafplaas is daar ook ’n monument vir Bethulie-burgers wat tydens die ABO gesterf het, grafte van konsentrasiekampdokters, asook die graf van kmdt. F.J. du Plooy, Bethulie se kommandant gedurende die ABO wat in 1924 oorlede is.

Bykomend tot die ABO-grafte, resorteer die grafte van drie Bethulianers wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog gesneuwel het nadat die Unie van Suid-Afrika en ander Gemenebeslande hulle by die gevegte in Noord-Afrika aangesluit het, ook onder die CWGC.

Meer oor:  Bethulie  |  Herstel  |  Grafte  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.