Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Ritchie raadop oor swak diens

Inwoners van Ritchie net buite Kimberley is behoorlik keelvol dat hul dorp, deel van die Sol Plaatje-munisipaliteit, aan die droë agterspeen moet suig.

Wateronderbrekings vind glo gereeld, sonder enige voorafkennisgewing, plaas.

“Wanneer hier wel water is, is die druk geweldig swak,” vertel die inwoner. Talle redes word gegee vir die gereelde wateronderbrekings – van gebarste pype, die reservoir wat “gespoel” word en vele meer.

“Mense sê: Kry vir jou ’n leibeurt; kry vir jou ’n watertenk. Met geld wat waar vandaan moet kom?” vra die inwoner.

Omdat so baie wateronderbrekings plaasvind, kan ’n mens nie eens ’n onderneming begin bedryf vir ’n inkomste nie, sê nog ’n inwoner.

’n Bykomende frustrusie is dat Ritchie se watertoevoer “byna elke aand” van omstreeks 20:00 tot 05:00 afgesny word.

By dit alles vind vullisverwydering, wat glo tweeweekliks moet gebeur, nie gereeld plaas nie, of al die vullis word nie verwyder nie. Ritchie se stortingsterrein mag nie gebruik word nie omdat die lisensie daarvoor meer as twee jaar gelede verval het.

Elize Niemann, proporsionele verteen­woordigende DA-raadslid in Ritchie, sê dié lisensie is nog nie hernu nie en dat talle regulasies, soos die rehabilitasie van die terrein en sekuriteit, nagekom moet word voordat die terrein mag funksioneer.

Waterprobleme word glo merendeels ondervind omdat die bestaande reservoir, wat ongeveer vyf jaar gelede opgerig is, nie voldoende is om in die vraag te voorsien nie. ’n Onderneming is glo twee maande gelede deur die munisipaliteit gegee dat nog ’n reservoir opgerig sal word. Die aanvang van dié oprigting is onbekend.

’n Woordvoerder van die munisipaliteit is oor Ritchie se waterkwessie genader, maar teen druktyd is geen terugvoering nog ontvang nie.

  • Die berig het eers in NoordkaapBulletin verskyn.
Meer oor:  Noord-Kaap  |  Kontrei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.