Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Slaap kindjie, slaap sag

Tannie Jo ontkom korona-depressie só. 

Liefde, goeie versorging, rus, humorsin en die nabyheid van die lappop wat sy vir ’n kleindogter gemaak het, is hoe tannie Jo Calitz (96) van Huis Uitkoms (Residentia Bethulie) in Bethulie daagliks sterk staan teen die uitdagings wat grendeltyd weens Covid-19 bring. 

In aftreeoorde stel dit ook groot eise aan inwoners wat vir ’n lang tyd nie besoek van hul geliefdes kan kry nie en aan die personeellede wat met groot sorg na hulle omsien. Hierdie is die “kosbare foto” waaroor Blouwillem Theron eergister in sy weeklikse Goeiemôre-rubriek (op Maandae) geskryf het. Tannie Jo is die skoonma van “Dik Daan” – een van die vriende oor wie Blouwillem in sy rubrieke komies skryf. Dik Daan is eintlik Daan Opperman (soos Theron ook ’n oud-Kovsie wat in Pretoria woon). 

Thea Opperman, tannie Jo se dogter (en Daan se vrou), sê die deernisvolle foto wat ’n verpleegmatrone op haar versorgingsronde van haar geneem en aangestuur het, bring gemoedsrus en help die verlange stil. 

Haar ma is bekend om die humorsin waarmee sy die lewe benader. 

Tannie Jo geniet ook die gekorswel oor haar en haar skoonseun in die Blouwillem-rubrieke. 

In Huis Uitkoms word deesdae oor hul “bekende inwoner” geskerts. 

Tannie Jo. Foto: Verskaf
Tannie Jo. Foto: Verskaf
Meer oor:  Depressie  |  Kontrei  |  Bethulie  |  Covid-19-Virus  |  Inperking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.