Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kontrei
Vleisfees dán gehou

Ondanks die Covid-19-pandemie wat veroorsaak het dat die NG kerk Dewetsdorp se jaarlikse Vleisfees reeds twee keer uitgestel is, is ’n nuwe datum nou aangekondig vir dié jaarlikse fees.

Die vleis van sowat 32 beeste, 200 skape, 20 varke en 350 hoenders is reeds gedeeltelik verwerk en wag in die kerk se vrieskaste om op Erfenisdag, 24 September, aan inwoners en besoekers verkoop te word.

Maalvleis, verskillende soorte wors, steak en sosaties is reeds gemaak.

Volgens ds. Horace van Coller, predikant van die gemeente, sal alle veiligheidsmaatreëls streng nagekom word. Stalletjies sal nie net in die kerksaal en op die kerkterrein opgestel word nie, maar ook verder in die straat af ter wille van veilige sosiale afstand.

  • Heerlike geriefskos, soos bevrore kerrieskaapafval, skenkelpasteie, bobotie en lasagne sal in die deli verkoop word. Gebottelde produkte en gebakte skaapkoppe sal in die Kontreiwinkel te koop wees. Bel Van Coller by 082 776 3421 om meer oor die Vleisfees uit te vind.
Meer oor:  Vleisfees  |  Kontrei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.