Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
‘Ek gesels met my mense’

‘Volksblad was daar en die drukpers het gerol. Sal ons hart in sy nuwe voorkoms ook daar wees? Volksblad sal nie sterf nie. Daarvoor is hy te diep ingeweef.”

Só sluit G.P.D. Terblanche, oudnuusredakteur van Volksblad, gereelde briefskrywer, voormalige parlementslid en ambassadeur, sy “laaste brief vir Volksblad soos ons hom ken” af.

Gert Terblanche onlangs op sy geboorteplaas, Rooikraal, naby Bloemfontein. Foto: Verskaf

Dit was ook die laaste brief wat hy van Kaptein Goodmanstraat in Dan Pienaar, waar hy en sy vrou, Suzie, sedert 1968 gewoon het, geskryf het.

Oor dekades heen het honderde briewe, netjies getik, hul pad gevind na Volksblad se brieweblad. Sy seun, Emile, vertel weens die onbeskikbaarheid van tikmasjienlint kon hy die laaste aantal briewe wat hy geskryf het nie meer op sy getroue Olympia-tikmasjien tik nie. “Ek het vanjaar al 20 handgeskrewe briewe vir hom getik.”

G.P.D. “Gert” Terblanche het 24 jaar lank by Volksblad gewerk, die meeste daarvan as nuusredakteur. “Jy weet, ek was meer as 20 jaar in die parlement en senaat, ek was ambassadeur in die destydse Transkei . . . Maar dis my oudkollegas by Volksblad wat ek die meeste mis.”

Hy het darem nog gereelde kontak met oud-Volksblad-mense soos Hennie van Deventer (oudredakteur) en Herman le Roux (voormalige sportredakteur).

Terblanche, wat op 4 Oktober sy 98ste verjaardag vier, moes onlangs weens verswakte gesondheid van die huis in Dan Pienaar – waar hy sedert sy vrou se dood agt jaar gelede nog saam met sy dogter Christelle van der Merwe gewoon het – na die Sewe Damme-aftreeoord verhuis.

’n Brief moet goeie inhoud hê. Die skrywer moet kommentaar lewer oor die sake van die dag. Dit moet vars wees – soos brood uit ’n oond.

“As Volksblad nie meer daar is nie (as papierkoerant) gaan veral die ouer mense bitter swaar kry. Hier in die hospitaal in Sewe Damme soek almal Volksblad. Hulle lees hom heeldag van hoek tot kant deur.” ‘Gesels met my mense’“Hy kon die joernalistiek net nooit uit sy bloed kry nie,” skryf Emile in ’n e-pos oor sy pa. “Ek dink nie hy het ooit opgehou om vir Volksblad te skryf nie; was dalk net ’n bietjie stiller tydens sy besige politieke jare.”

Sy pa sê: “Ek geniet dit om briewe te skryf – by my huis is ’n laai vol afskrifte van die briewe wat ek al geskryf het. Vir my gaan dit nie oor publisiteit nie; ek gesels met my mense.”

Oor die kuns van briewe skryf sê hy te veel mense skryf net oor “koeitjies en kalfies”.

“ ’n Brief moet goeie inhoud hê. Die skrywer moet kommentaar lewer oor die sake van die dag. Dit moet vars wees – soos brood uit ’n oond.”

Die eerste probeerslag is ook nie altyd die beste nie. “Skryf die brief, verbeter hom en stuur dan die beste een,” sê hy.Sewe DammeVolgens Terblanche is daar twee redes vir sy hoë ouderdom.

“Eerstens het my Hemelse Vader my baie genade bewys en tweedens ’n baie goeie dokter, wat betyds die regte medisyne voorgeskryf het!”

Verder sê hy ’n mens moet rustig lewe, nie op loop gaan nie, jou medemens geniet, nie oorlog maak nie en jy moet vriende hê.

Gert Terblanche sowat twee jaar gelede voor sy getroue Olympia. Foto: Siska Martin

“Die hospitaal is nie die ideale plek nie, al is die diens hóé goed.”

Hy vertel van Sasha, die bruin-geel labrador wat nog by die huis in Dan Pienaar is, en die verlange lê vlak in sy stem.

“Jy kan nie dink wat só ’n dier vir ’n mens doen nie. Sy volg my oral. Ek mis haar verskriklik.

“Christelle sê sy lê en huil daar by die huis.”Joernalis, politikus, boerTerblanche, wat ná sy laerskooljare by die plaasskool Steyn­spruit in 1936 na die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein is waar hy gematrikuleer het, het hom ná sy onderwysstudie aan Kovsies in 1946 by Volksblad se redaksie aangesluit. In sy 24 jaar as redaksielid was hy hoofsaaklik nuusredakteur.

In 1970 is hy as senator in die parlement aangestel. Dit is gevolg deur ’n aanstelling as ambassadeur in die destydse Transkei.

As die jongste van drie seuns en twee dogters het Terblanche die plaas Rooikraal geërf waar hy deeltyds geboer het ná sy uittrede uit die parlement.

Hy en sy vrou het twee dogters en ’n seun. Emile, die oudste, het die plaaslike koerant Bloemnuus in 1983 saam met Rudie van Rensburg begin en woon reeds jare in Kaapstad. Christelle, ’n kunstenaar, het by hom in Bloemfontein gewoon en Su-zanne Walker, ’n vryskutskrywer, woon in Centurion.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Volksblad  |  Brief  |  Geskiedenis  |  Koerant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.