Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Volksblad in die afgelope week

Volksblad se senior redaksie het weer ’n keur van die week se nuus saamgestel. Geniet dit!

1. Oranje Maandag

Maandag was Oranje Maandag. Op die vooraand van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) se vergadering om die Cheetahs uit die Pro14 te skop, is Volksblad se mashoof en voorblad oranje. Cheetah-ondersteuners “verf” die N1 en die stad oranje met ‘n reuse-optog om hul stem teen dié besluit te laat hoor.

2. Cheetah-planne

Die Cheetahs word, soos verwag is, onder die bus gegooi en uit die Pro14 geskop. Planne word gemaak om die span se pad vorentoe uit te stippel.

3. Valke slaan hard

Mangaung se uitgeskopte burgemeester, Olly Mlamleli, en ‘n skatryk sakeman, Edwin Sodi, is onder die eerste ses mense wat deur die Valke vasgetrek word in die ondersoeke na beweerde staatskaping en korrupsie in die regering.

4. Nog inhegtenisnemings kom

Die Valke sê nog inhegtenisnemings kan verwag word in verband met verskeie beweerde korrupte projekte in die Vrystaat.

Zoetje Oosthuizen (65) en haar man, Hennie (68). Foto: Verskaf

5. Treurspel

Zoetje Oosthuizen, skrywer en hondeteler van Kuruman, se man vermoor haar na bewering ten aanskoue van ’n vriendin en die vriendin se kind.

6. Nuwe klubhuis

Die Dewetsdorp-gholfklub spog met ‘n deftige, nuwe klubhuis nadat die vorige klubhuis in 2016 afgebrand het.

7. Hospitaal-moord

Die hartseer familie van Deon Mkwanazi het baie vrae nadat hy in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley doodgeskiet is.

8. Groot verlies

Kuruman se stadsaal word deur ‘n brand in puin gelê.

9. Groot skade

Die bestuurder van ’n BMW hol weg en los die luierende motor net daar nadat hy in die oggendure deur ’n muur van ’n kruidenierswinkel in Heuwelsig, Bloemfontein, geploeg het.

10. Op die wêreldverhoog

’n Bloemfonteinse model en onderwyseres, Meghan Pearl Kurrama (29), is gekies om die land op die Mej. Planeet Internasionaal-kompetisie te verteenwoordig.

11. Trotse mense

Anena Burger gaan kuier by die gemeenskap van Gong Gong naby Barkly-Wes, en hoor van hul drome om hul identiteit te behou en hul kinders met tradisies en waardes groot te maak.

12. Boek-opskudding

Cheréne Pienaar gesels met die Bloemfonteinse argitek Anton Roodt oor sy boek Weergalose meganika wat ‘n opskudding in die letterkunde-wêreld veroorsaak.

Kyk weer hier na Volksblad se digitale voorblaaie in die afgelope week. Klik op die datum by die voorblad om die hele digitale koerant te lees.

1. Maandag 28 September
Maandag 28 September 2020. Foto:

2. Dinsdag 29 September
Dinsdag 29 September 2020. Foto:

3. Woensdag 30 September
Woensdag 30 September 2020. Foto:

4. Donderdag 1 Oktober
Donderdag 1 Oktober 2020. Foto:

5. Vrydag 2 Oktober
Vrydag 2 Oktober 2020. Foto:


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.